Hier is ‘n paar foto’s wat ek Sondag, 11 September geneem het. Die landskappe is op die grondpad tussen Matjiesfontein en Engelsman se graf naby Biedouw vallei, en die makro foto’s is geneem op Matjiesfontein self. Die landskap rondom Matjiesfontein en Papkuilsfontein? en verder suid was fantasties! Ry dit in die middag van noord na suid en gee jouself genoeg tyd om te stop (moenie te veel groot plate blomme IN Matjiesfontein self soek nie - daar is veel om oor opgewonde te raak langs die pad verder suid).
Die Here se Skepping is darem asemrowend!
Groete,
Friedrich von Hörsten
www.vonhorstencollection.com



